All Testimonials
Stefan was vandat hy graad 1 moes herhaal in ‘n skool vir leergeremde kinders omdat hulle gese het dat hy ‘n “borderline IK” het. Ek het gedink dit is die beste wat ek vir hom kan doen. Aan die einde van graad 5 het hulle gese hulle kan niks meer vir hom doen nie en hy moet na ‘n skool gaan waar hy ‘n ambag moet leer. My hart was verskriklik seer, want ek het gevoel dat Stefan met sy geaardheid en liefde vir diere en die natuur nooit in ‘n raserige werkswinkel sou inpas nie. Wonderbaarlik hoor ek toe ‘n praatjie wat Engela aan ‘n groep onderwysers gelewer het. Al wat ek heeltyd kon dink was dat ek my kind by hierdie vrou MOET kry, en ek was reg! Ek ken nie eers almal in die skool by die naam nie, maar ek weet dat julle ure toegewyd met Stefan werk. My kind blom by julle. Hy geniet die koshuis, hy geniet die perdry en het selfs al geleer as jy afval klim jy weer op. Ja, die eerste weke van sessies was rof (dankie California!) en ja, dit het daardie eerste naweke beplanning en opoffering geverg om deur al die oefeninge te kom, maar dit was oor en oor die moeite werd. Engela het Stefan onlangs weer getoets en hy toon ‘n merkwaardige verbetering in elke toets. Ons het hom op Mariette se aanbeveling by die Impak tuisonderrig stelsel registreer wat hom toelaat om skolasties teen sy eie tempo te vorder. My kind wat geen selfbeeld oor gehad het na die gewone omderwyssisteem nie (en ek is self ‘n onderwyseres) glo nou vir die eerste keer hy kan. Dankie Mariette vir die ure se geduld en liefde. Ek glo jy het ‘n besondere gawe om met hierdie kinders te werk. Die Stefan wat daardie dag deur Engela getoets is en die Stefan wat nou elke naweek huis toe kom is twee heeltemal verskillende mense, nie net in wat hy kan doen nie, maar in wie hy is. Ek kan nie genoeg vir julle dankie se nie. My wens is dat elke ouer wie se kind deur die sisteem gefaal word by julle mag uitkom sodat hy of sy hulle volle potensiaal as mens kan bereik. Vriendelike groete.

Posted by: Karen Klopper

Our precious little boy was desperately ill from the age of nine months up to five years of age. He was an allergic child with a chronic ear infection. His immunity became so bad that he was taking antibiotics with cortisone every six to eight weeks for almost three years of his life. The consequence of these medicines combined with not being able to hear for most of his young life, (due to the fluid build-up in his ears) was detrimental to his development! We are parents that love the lord with all our hearts and prayed fervently for the help needed to restore our little boy person, to the wonderful and healthy boy god had created him to be. Alas – god is so good! We came to know about Dr Engela Young via Dr Susan Lehmann. Both of them are true heroes in our eyes. My child met Dr Young for the first time at age five. She tested him and the recovery process started. The first few weeks of therapy were extremely demanding on both parent and child, but with Engela’s gentle and loving empathy we persevered. My child was so far behind on all his developmental milestones, as well as his speech, that my faith for his recovery was shaken but with the most grateful heart, Engela and Odette gently pushed on! During the third week of therapy, my boy suddenly started linking his sentences in the correct order and I knew we were going to have success. We are now two years along and my child is currently first in his class at school. before he went to grade 1 he could sound and write the whole alphabet, read basic words, do adding and subtraction of any figures below ten, knew all his shapes, and colors, could count from one to one hundred, he recognized most numbers from one to hundred, use scissors fairly well, communicated his emotions and loved pre-school plays and activities, played flute, rode his own horse, managed small jumps and did play- ball. There are many more! None of this would have been possible if not for the grace of god and Dr. Engela young. Whilst my older boy had therapy with Dr Young, I asked her to give me a stimulation program for my baby that was just born. My youngest boy is now two years old and his speech is developed far beyond his years, he knows all his shapes including a hexagon and colors, he recognizes and sounds eight letters of the alphabet and will start reading before age three at this pace, he threads a completes tasks that most four-year-olds do, he recognizes numbers up to ten and counts up to fourteen and so much more. This all started because she gave him a gentle, no-pressure, and fun stimulation program that unlocked his full potential! Dr. Young truly knows her profession and has a heart and belief in children. No matter how great the child’s obstacles, Engela will keep working until she achieves success. She never gives up on any person and has her faith planted firmly in the lord. Even today Dr. Young is just a phone call away. She is always prepared to give me advice and help with even the smallest matter. My belief in “the good of the human race” was restored the day I met her. A very happy mother.

Posted by: Amelia du Toit

Die dag toe my seuntjie, Jaco, toe 6 en `n half jaar oud, na Engela Young verwys is deur `n spraakterapeut, was ek baie moedeloos. Ek het gewonder hoeveel terapeute en dokters my kind nog gaan probeer evalueer en hoeveel van hulle gaan maar net hulle skouers optrek en hom weereens na die volgende dokter verwys. Jaco moes al reeds in graad 1 gewees het, en sy onderwyseres en skoolhoof het gereken dat hy steeds nie gereed is vir graad R nie.Ons het nie geweet wat om te doen nie, ons was reeds vir 2 jaar by verskillende terapeute en niemand kon vir ons `n oplossing gee nie. Ons as ouers was baie skepties om na Engela Young te gaan. Belfast is nie net `n klipgooi van Pretoria af, maar het besluit om tog maar te probeer, want wie weet wat vir hom om die volgende draai sal wag. Sy het hom ondersoek en met ons in diepte gesels en verduidelik hoekom sekere dinge gebeur, en waarom Jaco sekere reaksies het. Sy het ons belowe dat sy Jaco sal kan help as sy ons samewerking het. Sonder om twee keer te dink het ons vir Jo-Ann, Jaco se ousus van 8 en `n half jaar oud, wat in ons oë niks mee fout was nie, ook laat evalueer. Jo-Ann het nie baie uitvalle gehad nie, maar daar was wel, en Engela Young kon dit vir ons uitwys en Jo-Ann behandel. Jo-Ann het van `n gemiddelde leerling, so verbeter, dat sy nou `n top leerling is. Engela Young loop nou al vir `n baie moeilike jaar en `n half die pad saam met Jaco. In ons huis noem ons haar “Tannie Engeltjie”, want sy voel vir ons soos `n persoonlike engel wat ons bystaan met hulp, liefde, raad en begeleiding. Jaco het hierdie jaar graad 1 by die huis gedoen, want hy is emosioneel nie gereed vir formele skoolgaan nie. Hy het `n 2-3 jaar agterstand op skoolgaande vlak gehad wat hy moes inhaal en hy is op hierdie stadium nie meer ver onder sy ouderdoms verwagtinge nie. Ons as ouers glo dat hy binnekort ver bokant sy ouderdoms verwagtinge sal kan uitstyg. Ons sal Engela Young en haar span terapeute en kundiges ewig dankbaar wees vir al die hardewerk wat hulle ingesit het hom vir Jaco en Jo-Ann te help. Liefde Die Tosen gesin

Posted by: Dorothy Tosen

Location: Belfast

Ek wil julle net bedank vir alles wat julle vir my Dogter gedoen het. As ek moet dink hoe sy was, stil en in haarself gekeer, probleme met leer en die selfvertroue wat ontbreek. Skool waarvan sy glad nie gehou het nie, en dankie aan Juffrou Mariette, en al die personeel wat alles verander het. Charla was getoets die eerste keer en Engela kon op party toetse geen lesings kry nie, en na ‘n paar maande is sy weer getoets en die resultate was verstommend. Sy leer beter, het vreeslik baie selfertroue en is sommer net ‘n plesier om naby mens te hê, sy straal n energie uit wat alle mense na haar toe trek soos ‘n pleister. Dankie vir die geleentheid wat Charla het om volgende jaar by julle te werk, ek het gemoedsrus daaroor want ek weet sy sal na gekyk word en oorlaai word met liefde. Enige Ouer wat graag wil praat oor julle verwys hulle asseblief na my toe, ek kan praat uit goeie eerstehandse ondervinding. Baie dankie aan al die personeel van SATRA wat net goed was vir my Kind. Mag julle in oormaat geseën word vir alles wat julle vir ons Kinders doen. Liefde groete Charmaine Crous 

Posted by: Charmaine Crous

Die 3 maande wat Eben by julle was, het definitief `n reuse verskil gemaak. Hy vorder ongelooflik goed in graad 1 en jy kan nie glo hoe hy al lees nie. Net hier en daar klank hy nog `n moeiliker of onbekende woord, die res lees hy al baie mooi. Sy spelling is baie goed en sy wiskunde uitstekend. Wat vir my die lekkerste is, is die feit dat hy sy werk so mooi verstaan. Voor die terapie kon jy maar sekere goed oor en oor verduidelik, dit was asof hy dit net nie kon insien/verstaan nie. Toe hy terug is skool toe, was sy vordering die eerste maand nog bietjie stadig, maar vandaar het dinge baie vinnig en goed begin vorder. As mens in ag neem dat hy `n paar goed moes inhaal, dan is dit seker te verstane. Hy gaan definitief graad 2 toe volgende jaar. Eben stoei ook nou en hy geniet dit ongelooflik baie. Huidiglik stoei hy net 1 keer per week, maar vanaf November gaan hy meer stoei. Hy is ook steeds besig met arbeidsterapie 1 keer per week en sal seker nog volgende jaar ook aangaan daarmee. Al was die 3 maande wat hy by julle was vir my baie moeilik, omdat ek elke dag sover moes ry, was dit die moeite en elke sent werd. Baie dankie vir al julle geduld en liefde en sterkte met al die nuwe kindertjies. Groete Corné vd Walt 

Posted by: Corné vd Walt

Hiermee wil ek net vir julle baie dankie se vir alles wat julle by Jonathan Livingston Seagull vir Anne en Bianca beteken het. Die tyd wat hulle spandeer het by julle het so `n groot invloed gehad op wie en wat hulle is vandag. Die probleme wat Bianca ondervind het is nou iets van die verlede. Sy presteer nou baie goed op skool gebied en geniet dit om te leer. Haar selfvertroue het ook die hoogte in geskiet en die angstigheid voor n toets kan sy nou beheer. Anne vind dit ook nou makliker om haar werk op te som en leer baie makliker. Sy is baie ingestel om gebalanseerd te lewe en werk hard om haar spier tonus te verbeter. Alles wat hulle geleer het by julle word toegepas in `n sekere mate en al was week vier vir hulle baie erg, was dit definitief die moeite werd. Die tyd en liefde wat julle in elke persoon bele is voorwaar prysenswaardig. Groete aan almal. Amanda Kruger 

Posted by: Amanda Kruger

Niclas van der Walt was vir 14 weke by Jonathan Seagull centre. In die 14 weke het Niclas groot vordering getoon, emosioneel, skoolgewys, en fyn motories. Ek kan enige iemand aanbeveel met groot vrymoedigheid! Dit was en is vir my hartseer om Niclas na 14 weke weer terug te bring huis toe. Afstand was verseker groot probleem. Niclas sou verseker nog meer by die program gebaat het as hy vir langer gebly het. Liefde en groete aan al die personeel by Jonathan Seagull Centre!!! 

Posted by: Celia van der Walt

Met graagte sal ek terugvoering gee op Leander Kruger wat sedert 1997 by Engela was vir terapie. Hy was prem gebore en het 1.4kg geweeg. Ongelukkig het ek eers op 4jr van Engela by n vriendin van my gehoor. Hy word November maand al 16 jr oud en dit gaan fantasties met hom. Na elf jaar het Engela hom gehertoets en daar was geen terugvalle gewees nie. Tot vandag, enige probleem wat ek mag he kan ek net skakel en sy of Odette is altyd daar om ons van hulp te voorsien. Glo my, dit was elke sent en baie moeite werd om hom te behandel. Hy is n lieflike kind vandag. Nogmaals dankie vir al jul onderskraging en aanmoediging as ons dit party dae nodig gehad het. Liefde Japie, Marika, en Leander Kruger 

Posted by: Marietjie Kruger

Location: Klerksdorp